Deursoek hierdie blog

Woensdag 06 Januarie 2016

ʼn Besluit geneem is half gewin



Nuwejaarsvoornemens. Die begin van ʼn nuwe jaar is veral die tyd wanneer ʼn mens sekere begeertes uitspreek oor ʼn aspek van jou lewe waar jy veranderinge wil maak.
Daar kom soms ander sulke geleenthede ook, dikwels gepaardgaande met ʼn krisis soos ʼn siekte of wanneer jou gesondheid ʼn ernstige knou kry weens stres, gebrek aan oefening of slegte gewoontes.

In dié tye maak die meeste mense ʼn voorneme om dinge te verander.

Daar is egter een probleem met ʼn voorneme. Dit is slegs ʼn voorneme.

Volgens die verklarende woordeboek is ʼn voorneme iets wat jy beplan om te doen. Dus, iets wat jy graag wil doen, dalk al die rede in die wêreld het om te doen, iets of ʼn saak wat jy kognitief besef jy nie eintlik anders kan om te doen nie of helaas, so skuldig oor voel, dat jy iets daaromtrent wil doen.

Die enigste probleem is, is dat dit dikwels is waar dit bly. ʼn Verdienstelikheid waaroor jy vir ʼn oomblik, dikwels met of gegrond op daai skuldgevoelens, aan dink. Dan dink jy, jy moet tog dink om regtig iets hieromtrent te doen en waaroor jy baie verlig is as jy dit nie hoef te doen nie.

Die waarheid is egter dat ʼn voorneme alleen jou nêrens in die lewe gaan bring nie. Ons almal het daagliks tientalle voornemens, sommige vanuit diep innerlike oortuigings, anders doodeenvoudig gegrond op skuldgevoelens, samelewingsdruk of voorkeure of dalk maar net ʼn oulike gedagte of iets wat ons dink ons graag wil hê.

ʼn Voorneme is soos ʼn fantasie. Dit is ʼn plein ʼn droom oor iets wat jy nie oortuig is jou realiteit kan wees nie.

Die verskil en verandering in ʼn mens se lewe begin wanneer jy ʼn definitiewe besluit neem.

Daarom, wanneer jy ʼn vaste besluit geneem het, is jy al ver gevorder op jou pad om dit te bereik wat jy besluit het jy wil kry, doen of verander.

ʼn Besluit kan ons ook as ʼn doelwit beskryf. Iets wat jy definitief wil bereik, wat neergeskryf is, wat prakties uitvoerbaar is, wat positief is en met ʼn sperdatum.

Hierdie blog gaan oor verslanking.

Verslanking is egter meer as om net ʼn sekere aantal kilogram te weeg of in ʼn sekere nommer klere te pas.

Verslanking het te doen met ʼn gesonde leefstyl, met oefening, met om die regte nutrition’s in te kry en om lekker, maar heilsaam te eet.
Kortom, om holisties só ʼn lewe te lei wat jou maksimum voordeel gee in alle aspekte en terreine van jou menswees.

In die begin van die jaar kan jy dalk ʼn baie goeie voorneme hê, maar as jy aan die einde van dié jaar wil terugkyk en trots voel op jouself, gesond voel en leef en soos ʼn wenner die jaar wil uitgaan, neem daai besluit.


In die Zoë-HipnoterapieVerslankingskliniek is dít presies ons doel, om jou te help om vir die res van jou lewe gesond, positief, energiek en trots te leef in die wonder van jou eie liggaam.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking